Japie greyling biography channels 2
Die seun aan wie die eer toekom, se naam is Japie Greyling en hy was toe maar elf jaar oud. Hy is op 28 Junie as een van 'n tweeling gebore. Hy het grootgeword op die plaas Smaldeel in die Hoopstad-distrik waar sy vader, kommandant Barend Greyling geboer het. Hy was een van dertien kinders. Seeley: Fear and be Slain] Generaal Seeley swaai die seun groot lof toe vir die edele, dapper en bewonderenswaardige optrede van daardie dag.
Hulle wou baie graag die Boere en veral die besondere kommandant vang, en kaptein Seeley gaan toe in die middel van die nag met twintig gewapende en uitgesoekte Engelse soldate daarheen om te probeer om die Boere te betrap. Hulle het die hele nag deur gery en so teen die rooidag kom hulle eindelik naby die plaas, wat hulle mooi in die skemeroggend kan sien.
General seely
Toe verdeel hulle in twee groepe om die plaas te omsingel en so die Boere vas te keer. Maar wat, die Boere was vir hulle te gou. Toe die Engelse naby kom, sien hulle drie ruiters van die plaas wegry. Hulle probeer om die Boere te keer, maar verniet.